Die Storie
Die Plan Vorentoe
Soos meeste van ons weet het Showmax verspreiding van Afrikaanse produkte gestaak buite Suid-Afrika. Afrikaans is vir my belangrik en daarom het ek besluit om 'n plan te maak om toegang te kry na afrikaanse reekse and rolprente. Ek moes wegspring met bitter-min maar onderneem om toegang vir almal te kry via 'n bestaande netwerk.
Verder, wil ek ook "ons volk" in SA ondersteun wat nie ondersteuning van die regeering kry nie. Hierdie mense bevind hulself aan die verkeerde kant van dinge omdat hulle Afrikaners is. Ons vra vir 'n donasie (dink daaraan as minder as 'n halwe koppie koffie per maand) om 'n Afrikaner in nood te help.
Wie is "Kykmet"
1. Kykmet is geregistreer op 13 November 2023 hier in NZ deur Sunelia Buchling. Afrikaans is in my bloed en Binnelanders in my huis is n moet!
​
2. Kykmet doen besigheid onder die Wet van onse Groot VADER en onder New Zealand se wette so alles is by die boek en met integriteit aangepak!
​
3. Kykmet is die alleen agent vir die Pacific area en streef om 'n persoonlike diens te lewer aan my kliente. Elkeen van julle is belangrik vir my!
4. Verder is dit ook belangrik vir Kykmet om die Afrikaner Volk wat swaar kry te help, waar ons kan daarom ondersteun ons https://ruchama.co.za
5. Woman's Refuge is n nuwe onderneming wat ek van nou af in NZ ondersteun teen geweld vir vroue.
​

Donasies vir ons Volk & Ander
Vanaf 2023 - 2025 is daar duisende dollars oorbetaal aan Aquifer in Suid Afrika.
​
Elke dollar wat ek inkry word ten minste verdubbel en oorbetaal vanaf einde van laas jaar aan Ruchama.
Ek weet waar die geld gebruik word en gaan geregeld posts op my Facebook bladsy hiervan post.
​
Womens Refuge gaan die onderneming wees wat ek hier in Nieu Zeeland ondersteun en opstaan teen geweld teen vroue.
​
​
